BulkSMS.com op RSG Naweekaktueel
SMS-bedrog raak baie mense, veral omdat hulle nie ingelig is daaroor nie. Hierdie soort bedrog is waar bedrieërs ‘n SMS gebruik om mense te kul en hulle geld steel. Daar is verskeie vorme van SMS-bedrog. Die besturende direkteur van BulkSMS.com, dr. Pieter Streicher, het aan Jean Esterhuizen gesê bedrieërs maak in ‘n groot mate staat op die onkunde van mense en die vertroue wat kliënte in hulle bank of ‘n ander betroubare handelsmerk het.
